NUWE  FASILITEITE 

 

As 'n groeiende Gemeente benodig ons meer spasie om die behoeftes van ons eie aktiwiteite, asook die van die Gemeenskap, sinvol te kan dien. Terwyl ons Sondae ons normale kwartaal-eredienste na Laerskool Standerton se Skoolsaal verskuif het, is ons ook tans in die proses om 'n nuwe Gemeenskapsentrum  met  'n volledig toegeruste Auditorium te bou waarby die hele Standerton Gemeenskap sal kan baatvind.

Ons bou kontant soos ons fondse ons toelaat. Onlangs is nog 'n fase voltooi en kon ons dit vier deur saam op die terrein die Here te dank en te vertrou vir die volgende tree. Stadig maar seker vorder ons.

Bid saam met ons: dis steeds vir ons belangriker om in mense as monumente te belê, maar ons besef ook dat ons huidige fasiliteite nie meer voldoende is nie. So, bid en droom saam met ons terwyl ons hierdie projek met groot geloof aanpak...

"...(Ek) sal my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie."

Mat 16:18 (NV)


"Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom..." 

Jesaja 43:18-19