Die oorgang van Tiener na Volwassene is ‘n groot sprong!  Alhoewel jy volwasse voel, is daar soveel struikelblokke en gevare wat vir jou voorlê op hierdie nuwe fase van jou lewe.

1830’s is daardie bediening wat jou wil bystaan in hierdie unieke fase van jou lewe. Jongmense kom weekliks op Woensdae aande bymekaar, en daar word kwaliteit onderrig gegee op daardie relevante onderwerpe wat so nodig is vir ons jongmense.

Wie is welkom? Enige iemand tussen 18-30, getroud of ongetroud!  Al wat verwag word is ‘n leerbare gesindheid en ‘n honger hart. 

(Ons enigste reël by 1830’s is dat getroude paartjies wat dalk ‘n kleintjie het, verkieslik vir junior by Oupa en Ouma los.)


Wanneer:

Woensdagaande om 18:30


Waar:

Saal (h/v Schwichardt- & Colignystr)


Meer info:

Kontak gerus vir Ricus vd Hoven by 082 850 9148.