i N T E R N   P r o g r a m   2 0 2 3


Visie:

Om jongmense ‘n “gap” te gee om God se ongelooflike plan vir hulle lewe te ontdek en ontwikkel.


Doel:

Wonder jy wat om met jou lewe te maak? Onseker oor jou toekoms? Kom word deel van REPLiKA se iNTERN-program waar jy baie antwoorde op baie van dié vrae sal kry. Dit is ‘n 1-jaar program wat jou lewe vir altyd sal verander. Dinge waarna jy kan uitsien:

  • Ontdekking van jouself en jou lewensroeping;
  • Ontwikkeling van jou karakter, vermoë en vaardighede;
  • Groei in jou verhouding met die Here;
  • Leer & ontwikkeling van “life-skills” wat jou verseker sal help in jou toekoms;
  • Blootstelling aan verskillende bedieningsareas waar jy ‘n verskil kan maak in ander mense se lewens.

Jy gaan beslis uitstap met ‘n nuwe uitkyk op die lewe, en verstaan dat daar ‘n definitiewe plan vir jou lewe is. So waarvoor wag jy?


Wie kan ‘n iNTERN word?

As jy ‘n “gap jaar” wil neem voordat jy jou verbind aan die verpligtinge van die grootmens-wêreld, en tussen die ouderdom van 18-25 is, is hierdie jóú kans!   


Aan watter Vaardighede sal ek Blootgestel word?

Die hele motivering agter die iNTERN-program is om jou vir jou toekoms voor te berei. Ons wil jou ook help om te groei deur jou bestaande vaardighede te ontwikkel, terwyl jy ook ‘n paar nuwes ontwikkel. Dit sluit onder ander in:

  • Persoonlike ontwikkeling in karakter, verhoudingsvaardighede en ‘n gebalanseerde lewensuitkyk;
  • Geestelike verdieping en Dissipelskap-vaardighede;
  • Beter begrip oor persoonlikheid-voorkeure, passies, talente, gawes en belangstellings;
  • Groter duidelikheid oor jou lewensroeping;
  • Blootstelling en deelname aan verskeie bediening- en uitreikaksies aan verskeie ouderdom- en kultuur-groepe;
  • ‘n Goeie fondasie in rekenaar vaardighede – veral in Microsoft Word, Excel, PowerPoint & Outlook;
  • Blootstelling aan Klank & Multimedia, Beligting, asook basiese Video Redigering;
  • Geleenthede in die Grafiese kunste, asook Musikale vaardighede;
  • ‘Event Planning’ & Koördinering, Administratiewe Vaardighede, Begroting & Finansiële Beplanning;
  • Basiese Pastorale Berading & Emosionele Versorging;
  • Sports en Avontuur.


Wat is die Vereistes?

 Jy moet bereid wees om:

  • te groei in ‘n lewende verhouding met Jesus;
  • leerbaar en diensbaar te wees;
  • individueel en in ‘n span te kan funksioneer;
  • ongereelde ure beskikbaar te wees;
  • jouself te onderwerp aan die gesag en voorskrifte van REPLiKA Gemeente.


Praktiese Reëlings:

 Jy is verantwoordelik vir jou eie verblyf, vervoer en etes.  

  • Ons voorsien iNTERNs met ‘n maandelikse sakgeld vir jou basiese behoeftes.  


Hoe raak ek Betrokke?

Sien die skakel hieronder en vul die Aansoekvorm sommer aanlyn in. Maak seker dat jy ook die gepaste dokumente vir ons aanstuur soos op die aansoek vorm aangedui.

Aansoekvorm: https://docs.google.com/forms/d/1H4GiIKo3FuLmuWPgwt72gnJP2cJM5m14BKeimZEijT4/edit?usp=drivesdk

Indien jy enige verdere vrae het, is jy welkom om Ds Ricus by die Kantoor tydens kantoor ure by (017) 712-2929 te skakel of via epos by info@replika.co.za.

 

Sluitingsdatum vir 2024 Aansoeke:

Aansoeke vir 2023 sluit 30 November 2023.